WETTIGE DOKUMENTASIE OM N SIVIELE HUWELIK VIR ‘N SUID-AFRIKAANSE BURGER MET ‘N NIE SUID-AFRIKAANSE BURGER TE VOLTREK
BELANGRIKE INLIGTING: WANNEER ‘N SUID-AFRIKAANSE BURGER MET ‘N NIE-SUID-AFRIKAANSE BURGER TROU MOET HULLE VIR N ONDERHOUD BY DIE DEPARTEMENT VAN BINNELANDSE SAKE GAAN WAAR DIE HUWELIKSBEVESTIGER GEREGISTREER IS.
Die huweliksbevestiger het die volgende wettige dokumentasie nodig om ‘n wettige huwelik te voltrek:
Suid- Afrikaanse Burger:
- Drie (3) gekleurde identiteitsgrootte fotos van bruid en bruidegom elk
- Suid- Afrikaanse Burger: Twee (2) duidelike ongesertifiseerde afskrifte van die bruid/bruidegom se identiteitsdokument elk. (OORSPRONKLIKE IDENTITEITSDOKUMENT MOET GETOON WORD OM SERTIFISERING VAN AFSKRIFTE TE KAN BEVESTIG OP DAG VAN DIE HUWELIK)
Nie Suid-Afrikaanse Burger:
- Drie (3) gekleurde identiteitsgrootte fotos van bruid en bruidegom elk
- Twee (2) duidelike ongesertifiseerde afskrifte van die bruid/bruidegom se WETTIGE Paspoort (OORSPRONKLIKE PASPOORT MOET GETOON WORD OM SERTIFISERING VAN AFSKRIFTE TE KAN BEVESTIG OP DIE DAG VAN DIE HUWELIK)
- Twee (2) duidelike afskrifte van die bewys van die geldige Visum of die bewys van stempel tot toegang in paspoort
- Twee (2) duidelike Engels vertaalde afskrifte van die huwelikstatusbrief van die land van oorsprong
Suid- Afrikaanse Burger en Nie Suid-Afrikaanse Burger :
- Bewys van residensiele adres (geen posadres sal aaanvaar word nie)
- Indien u buite gemeenskap van goedere gaan trou, word die HVK in Engels benodig wat op n briefhoof van die betrokke prokureur asook die betrokke prokureur se handtekening en stempel daarop aangebring is.
- Twee (2) Getuies word benodig vir die teken van die huweliksregister (Een aan die bruid en Een aan die bruidegom se kant).
- Die getuies MOET Suid-Afrikaanse Burgers wees en bo die ouderdom van 18 jaar wees
- Twee (2) duidelike ongesertifiseerde afrskrifte van beide getuies se identiteitsdokumente word benodig (OORSPRONKLIKE IDENTITEITSDOKUMENTE MOET GETOON WORD OP DAG VAN HUWELIK)
Belangrike inligting om op te let:
- ‘n Tydelike identiteitsdokument sal aanvaar word wat nie ouer as 3 MAANDE is nie
- Suid-Afrikaanse Burger/Nie Suid-Afrikaanse Burger: GEEN geboortesertifikate is enigsins aanvaarbaar nie
- Indien u vantevore getroud was en geskei is, benodig ons 2 duidelike Engels vertaalde afskrifte van die FINALE EGSKEIDINGSBEVEL wat deur die HOF gestempel en geteken is (GEEN DAGVAARDIGING OF OOREENKOMS SAL AANVAAR WORD NIE)
- Indien u voorheen getroud was en u eggenoot/e is oorlede, benodig ons 2 duidelike Engels vertaalde afskrifte van die doodsertifikaat (OORSPRONKLIKE DOODSERTIFIKAAT SAL GETOON MOET WORD)
- Die egpaar ontvang op die dag van die huwelik die oorspronklike DH30(huweliksregister) asook die DH27 (Suid-Afrikaanse handgeskrewe huweliksertifikaat)
Dit is die verantwoordelikheid van die huweliksbevestiger om BINNE 3 DAE na die huwelik voltrek is by DEPARTEMENT VAN BINNELANDSE SAKE te gaan registreer